|
Die Exell-filosofie:
Ons glo dat elke persoon die reg het tot die
skepping en beskerming van welvaart en finansiële
sekuriteit en om ’n nalatenskap op te bou.
Daarom is dit ons Passie om werklik waarde
toe te voeg vir ons kliënte deur hulle met
Innovering, Integriteit en op ’n
Professionele wyse hierin te ondersteun.
Ons Kernwaardes:
Passie
Ons is toegewyd in hart en siel om waarde toe te
voeg vir ons kliënte, want ons glo in wat ons doen.
Innovering
Omdat ons oortuig is dat daar ’n plan of
oplossing vir elke kliënt se unieke situasie is,
dink ons buite die kassie tot voordeel van ons
kliënte.
Integriteit
Integriteit is die DNA van jou karakter en
karakter dikteer! Daarom handhaaf ons vertroulikheid,
is ons eerlik en opreg in ons optrede, doen ons wat
ons onderneem en staan pa vir ons advies. Ons sal
alles buig behalwe ons beginsels.
Professionaliteit
|
► |
Ons optrede, diens en
advies getuig van professionaliteit, want
ons: |
|
|
► |
leef ons filosofie uit
en ons kernwaardes is wie ons is; |
|
|
► |
is verbind tot die
letter en gees van die wet; |
|
|
► |
erken ons eie
beperkings en vermoëns en glo daarom in
spesialisasie en strategiese vennootskappe
waar nodig; |
|
|
► |
beywer ons om op hoogte
te wees van alle nuwe verwikkelinge,
wetgewing en enige gebeure wat betrekking
het op ons kliënte; |
|
|
► |
verbeter ons kennis en
ervaring deur voortdurende studie, opleiding
en toerusting, op akademiese sowel as
praktiese vlak; |
|
|
► |
dokumentasie en rekords
is volledig, deursigtig en spreek van die
hoë standaarde wat ons vir onsself stel en
handhaaf; |
|
|
► |
kantore, voorkoms en
optrede spreek van respek vir ons kliënte; |
|
|
► |
kliënt se belange en
behoeftes is ons hoogste prioriteit; |
|
Doelstellings:
Om ons filosofie en kernwaardes uit te leef deur te
groei tot ‘n omvattende finansiële dienstegroep
waarin ons die volgende voorop stel:
1. Die ontwikkeling van entrepeneurskap
2. Uitbou van ons kennis, vaardighede en ervaring.
3. Diens te lewer wat professionaliteit definieer
4. Gefokusde oplossings vir ons kliënte te bied
5. Strategiese vennootskappe te ontwikkel
6. Die bou van langtermynverhoudinge met ons kliënte |